𝔖 Bobbio Scriptorium
✦   LIBER   ✦

Cover of Tik

Tik

✍ Scribed by Piet Steyn


Book ID
110586976
Publisher
Tafelberg
Year
2012
Tongue
Afrikaans
Weight
448 KB
Category
Fiction
ISBN-13
9780624055310
ASIN
B00BW76H0M

No coin nor oath required. For personal study only.

✦ Synopsis


Pine Pienaar, Kat Harmse, die kleurryke Freislichs van Virginia . . . Piet Steyn se aanhangers ken die meeste van die hoofkarakters in sy jongste polisieroman. En weer is dit ’n verhaal barstens vol aksie en raaisels en . . . hormone! Propvol dwelms ook, want hierdie keer is dit die landwye toename van tik-verslawing wat ons polisiemane hoofbrekens besorg. Die tik-epidemie is so ’n onvoorsiene vloedgolf wat van die Wes-Kaap na Gauteng oorgespoel het dat niemand minder nie as kolonel Kat Harmse van die Valke na Potchefstroom gestuur word om aan die Noordwes-universiteit 'n internasionale kongres oor tikverslawing by te woon. Lesings en referate en toesprake? Beslis nie Kat se gunsteling-tydverdryf nie. As dit nie was dat die forensiese patoloog dr. Annie de Villiers (Mooi Annie!) ook die kongres moes bywoon nie, en dat daar intussen in die Vredefortkoepel ’n reeks erg raaiselagtige moorde plaasgevind het nie, sou hy daar en dan almal in hul koepel ingestuur het. Maar toe is Potch nie so sleg nie. Annie bly in die bungalow net langs Kat s’n, hy loop sy ou pel Kris Freislich in die kroeg raak, en sien met naakte bewondering hoe mooi groot Kris se dogter, Baby, geraak het. Wat nie vir Kat so ooglopend soos Baby se kaal midderif is nie, is dat die Vredefortkoepel – ’n wêrelderfenisgebied – die sentrum geword het vir die verspreiding van tik. Die bron daarvan is ’n geheimsinnige plaas in die distrik Vrede, nie ver daarvandaan nie. Dit is hier waar ’n charismatiese godsdiensleier sy onderdane met die Bybel en tik onder sy duim hou. En dit is van hierdie plaas met sy permanent bedwelmde kultusgroep dat ene Charlie Stevens, ’n ou bekende in die Johannesburgse onderwêreld, in die koepel aangeloop kom. Wat is Charlie se verhaal? Hoe hou dit verband met die een lyk na die ander wat in die Vaalrivier afgedryf kom? Eers toe Kat net-net daarin slaag om te keer dat Charlie self in 'n watergraf beland, begin iets van die misterie deurskemer: Die kultusleier van Vrede oefen sy mag uit deur jong kinders gyselaar te hou. As hulle nie gou speel nie, sterf 'n seun. En as hý reeds dood is, het hulle nou ook vir Baby!


📜 SIMILAR VOLUMES


cover
✍ Kyle Rutkin 📂 Fiction 📅 2022 🏛 Greater Path LLC 🌐 English ⚖ 66 KB
cover
✍ McGeorge, Chris; Drolsbach, Marion 📂 Fiction 🌐 nl-NL ⚖ 194 KB

Als 11-jarig jongetje loste Morgan Sheppard de moord op zijn wiskundeleraar op, terwijl iedereen dacht aan zelfmoord. Nu, 25 jaar later, wordt hij wakker, geboeid aan een bed in een onbekende hotelkamer, met vijf vreemden die ook net ontwaken. In de badkamer ligt een lijk. Op de tv verschijnt een ma

cover
✍ John T. Sladek 📂 Fiction 📅 1986 🏛 ePubLibre 🌐 Spanish ⚖ 213 KB 👁 3 views

La famosa Primera Ley de la Robótica de Isaac Asimov establece que un robot no puede dañar a un ser humano o, por inacción, permitir que un ser humano resulte dañado. Como cualquier robot doméstico del siglo veintiuno, Tik-Tok está dotado de circuitos Asimov que controlan su conducta. En su caso, po