𝔖 Bobbio Scriptorium
✦   LIBER   ✦

Cover of Solank verlange die sweep swaai

Solank verlange die sweep swaai

✍ Scribed by Danie Marais


Book ID
110583555
Publisher
Tafelberg
Year
2014
Tongue
Afrikaans
Weight
80 KB
Category
Fiction
ISBN-13
9780624068433
ASIN
B00KRFXCTE

No coin nor oath required. For personal study only.

✦ Synopsis


Danie Marais se derde digbundel, Solank verlange die sweep swaai, is ’n mymerende, soms prewelende, plek-plek tierende besinning oor die Suid-Afrikaanse middelklas-weergawe van die menslike toestand. Dit gaan oor die “roaring 40s” en die eerste onheilspellende tekens van middeljarigheid, oor egskeiding, enkelvaderskap, ontnugtering, ’n geliefde ma wat by die dood omdraai en die skrikwekkende relevansie van gruwelrolprente en popkultuur. Die geweld van die liefde en die verraderlike lugspieëlings van die digkuns is deurlopende temas. Solank verlange die sweep swaai is die woorde van iemand wat sy vertroue in die woordkuns verloor het, maar aanhou skryf omdat dit die enigste vorm van psigiese selfverdediging is wat hy min of meer verstaan. Dis die steierende gedagtes van ’n man wat dronkgeslaan word deur sy eie alledaagse stories uit ’n lewe wat al sy pogings tot begrip en filosofiese beskouing uitdaag en ondergrawe.